Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn Voorligtingsielkundige / Opvoedkundige sielkundige in die Studentesake-afdeling beskikbaar. Om te kwalifiseer word ʼn meestersgraad in Voorligtingsielkunde / Opvoedkundige Sielkunde vereis asook ʼn registrasie as ʼn onafhanklike praktisyn by die Raad op Gesondheidsberoepe (HPCSA). Die pos sal gesetel wees in die Paarl, Wes-Kaap.
Die doel van die pos is om akademiese en psigososiale ondersteuningsprojekte en inisiatiewe te koördineer en uit te voer, gereelde behoeftebepalings van studente ten opsigte van akademiese ondersteuning te doen asook gereelde skakeling met die relevante fakulteite en afdelings. Die sielkundige sal daarvoor verantwoordelik wees om ondersteuning aan studente (in groepsverband of individueel) te verleen rakende die akademiese vaardighede wat hulle benodig om sukses in hulle studie te behaal.
Van die kandidaat sal verwag word om:
Die ideale kandidaat moet oor uitmuntende administrasie-, interpersoonlike en kommunikasie- asook probleemoplossings- en analitiese vaardighede beskik. Daar sal ook van die kandidaat vereis word om oor kreatiewe, organisatoriese, prioritiserings- en beplanningvaardighede te beskik en onder druk te funksioneer.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 20 April 2025 ingedien word. Neem kennis dat slegs aansoeke oorweeg word wat deur middel van die skakel ingedien word. Stuur gerus ʼn e-pos na pesoneelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.
Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging