Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn tegnikus in die Inligtings en Kommunikasietegnologie-afdeling beskikbaar. Die pos sal gesetel wees in die Paarl, Wes-Kaap.
Om te kwalifiseer vir die pos word ʼn CompTIA A+-sertifikaat of soortgelyke kwalifikasie vereis, met ʼn minimum van twee jaar relevante ervaring. Daar sal van die posbekleër verwag word om navrae deur middel van die kaartjiestelsel te hanteer, rekenaars op te stel en die instandhouding van lesingslokale te verseker. Daar sal van die posbekleër verwag word om ʼn wye spektrum van take te verrig met betrekking tot effektiewe inligtingstegnologie vir die kampus wat die volgende insluit: opstel van kameras vir lesingslokale, opstel van tegniese toerusting by sentrums en bedienerkamers, die instandhouding van en hulpverlening aan studente by die sentrums. Die posbekleër sal met die matriksstruktuur, operasioneel aan die bedryfsbestuurder in die Paarl en funksioneel aan die senior bestuurder: Inligtings- en Kommunikasietegnologie in Centurion rapporteer. In noue samewerking met ander afdelings, sal die suksesvolle kandidaat verantwoordelikheid neem om te verseker dat tegniese ondersteuning in die Paarl effektief geïmplementeer word.
Die ideale kandidaat sal onderskei word deur sterk probleemoplossingvaardighede, uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, energie en ywer, vermoë om onafhanklik en binne ʼn span te werk en inisiatief te neem, goeie tydsbestuur en prioritiseringsvermoë, deursettingsvermoë en die vermoë om onder hoë druk te funksioneer.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 20 April 2025 ingedien word. Neem kennis dat slegs aansoeke oorweeg word wat deur middel van die skakel ingedien word. Stuur gerus ʼn e-pos na pesoneelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.
Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging