Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het twee internskapvakatures in die Studentesake-afdeling beskikbaar wat vanaf Januarie 2026 tot Desember 2026 strek. Die poste sal gesetel wees in die Paarl, Wes-Kaap. Die poste rapporteer aan die bestuur: Studentesake in die Paarl en sal nou met die Studentesake-personeel in Centurion saamwerk.
Studente wat vir hul finale jaar ingeskryf is of reeds oor ʼn B-graad in Projekbestuur, Bemarking, Kommunikasie en/of Onderwys of ʼn gelykstaande kwalifikasie beskik, word genooi om aansoek te doen. Ervaring in ʼn administratiewe rol asook blootstelling binne die uitvoering van studenteaktiwiteite of ʼn goeie begrip van studenteaktiwiteite sal in die kandidaat se guns tel. Dit is belangrik dat die kandidaat met Akademia se waardes en opvoedingsingesteldheid vereenselwig.
Die posbekleër sal met die Studentesake-span saamwerk om studenteaktiwiteite vir voltydse kampus- asook nauurse afstandstudente te beplan, uit te voer en by te woon.
Kandidate met kennis van Akademia en die hoëronderwysomgewing in die algemeen sal voorkeur geniet. ʼn Verdere vereiste is goeie administratiewe en organiseringsvaardighede, interpersoonlike vaardighede, goeie skakel- en kommunikasievaardighede, konflikbestuurvaardighede, die vermoë om onafhanklik én in spanverband te werk. Die persone moet ook maklik by verskeie situasies kan aanpas, oor probleemoplossingsvaardighede beskik, onder druk kan funksioneer, ʼn positiewe ingesteldheid, dryfkrag, motivering en inisiatief hê.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 20 April 2025 ingedien word. Neem kennis dat slegs aansoeke oorweeg word wat deur middel van die skakel ingedien word. Stuur gerus ʼn e-pos na pesoneelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.
Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging