Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn voltydse bestuurder: Studentesake binne die Studentesake-afdeling beskikbaar. Die pos sal gesetel wees in die Paarl, Wes-Kaap. Dit sal wenslik wees vir die suksesvolle kandidaat om met aanstelling vir ʼn periode van vyf (5) maande in Centurion, Pretoria gebaseer te wees.
Om te kwalifiseer vir die pos word ʼn toepaslike baccalaureusgraad (NKR-vlak 7) met drie tot vyf jaar se ervaring in die ontwikkeling en vorming van jongmense, asook ʼn minimum van drie jaar se bestuurservaring, benodig. Ervaring in studentelewe, koshuislewe, studenteondersteuning, beleidsformulering en/of projekbestuur sal in die kandidaat se guns tel.
Die posbekleër sal met die matriksstruktuur, operasioneel aan die bedryfsbestuurder in die Paarl en funksioneel aan die hoof: Studentesake in Centurion rapporteer. In noue samewerking met ander afdelingshoofde, sal die suksesvolle kandidaat verantwoordelikheid neem om te verseker dat die studentelewe oorkoepelende oogmerke in die Wes-kaap effektief geïmplementeer word.
Die bestuurder sal verantwoordelik wees vir onder andere die volgende take en pligte binne die Studentesake-afdeling:
Die kandidaat moet kennis van Akademia en van die hoëronderwysomgewing in die algemeen hê, en moet onder andere oor die volgende beskik: ʼn opvoedingsingesteldheid; hoë energievlakke; sterk interpersoonlike vaardighede; bestuurs- en organiseringsvaardighede; strategiese beplanningsvaardighede; kommunikasievaardighede; prosesontwikkeling en -implementering; aanpasbaarheid; probleemoplossingsvaardighede; ʼn positiewe ingesteldheid, dryfkrag, motivering en inisiatief; vermoë om onafhanklik en binne ʼn span te werk en inisiatief te neem, goeie tydsbestuur en prioritiseringsvermoë, deursettingsvermoë, die vermoë om onder hoë druk te funksioneer, ʼn sterk etiese ingesteldheid asook die handhawing van goeie menseverhoudinge.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 20 April 2025 ingedien word. Neem kennis dat slegs aansoeke oorweeg word wat deur middel van die skakel ingedien word. Stuur gerus ʼn e-pos na pesoneelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.
Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging